Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas wat glo vriendin aanrand, 3-jarige vermoor

’n 29-jarige man is in Verulam in hegtenis geneem nadat hy in Desember sy meisie aangerand het en haar driejarige kind doodgeslaan het in Esigangeni in Nongoma, KwaZulu-Natal.

Volgens brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het die polisie vroeg Sondagoggend op die verdagte se nuwe woning in Verulam toegeslaan.

“Hy was vir ’n geruime tyd op vrye voet en het probeer vlug nadat hy uitgevind het die kind is dood. Hy kon sy oë nie glo toe die polisie by sy woning opdaag nie,” sê hy.

Volgens Naicker het die man na bewering op 10 Desember sy meisie aangerand en haar kind onophoudelik teen die grond geslaan totdat die kind sy bewussyn verloor het. “Die 22-jarige vrou en haar kind is na ’n hospitaal geneem, maar die kind is daar aan sy beserings dood. Toe die verdagte hoor die kind is dood en dat die polisie hom soek, het hy verdwyn.”

Naicker sê die man hou nou sy emosionele welstand as rede vir sy dade voor, asook die feit dat hy dronk was daardie dag.

Die man sal Dinsdag in die landdroshof in Nongoma verskyn op aanklagte van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Meer oor:  Moord  |  Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.