Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas wat juwelierswinkel met speelgoedgeweer beroof

’n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om ’n juwelierswinkel in die Carnival-winkelsentrum in Brakpan aan die Oos-Rand met ’n speelgoedgeweer te beroof.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Donderdag omstreeks 08:00 plaasgevind terwyl ’n werknemer besig was om die winkel oop te sluit.

Volgens Dlamini het die man die werknemer met ’n speelgoedgeweer gedreig en gevra vir juweliersware.

“Toe die werknemer die winkel oopsluit, het sy die paniekknoppie gedruk. In die winkel het die verdagte beveel dat sy die juweliersware in sy sak sit. Die alarm het afgegaan en hy is deur veiligheidswagte in hegtenis geneem,” sê Dlamini.

Die man word van sakeroof en die besit van ’n wapen aangekla.

Meer oor:  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.