Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas wat na bewering familie wou laat opblaas

’n Man wat glo sy familie met ’n selfgemaakte bom wou uitwis, is die afgelope week gearresteer nadat ’n reuse-hoeveelheid plofstof in sy besit gevind is.

Die plofstof en toebehore waarop die polisie beslag gelê het. Foto: Verskaf

Tau Lekoa (58) het luidens ’n verklaring van die Valke, na bewering ’n bom gebou en dit aan iemand gegee om teen betaling van R10 000 sy familie om die lewe te bring.

Lekoa het Woensdag in die landdroshof op Orkney verskyn op aanklagte van sameswering om moord te pleeg en die onwettige besit van plofstof.

“Die Valke se eenheid vir georganiseerde misdaad en die stabiliseringseenheid het inligting ontvang dat die verdagte in besit van ’n groot hoeveelheid plofstof is. Hy wou na bewering sy familie bombardeer.

“Die inligting het die polisie na ’n leë plakkershut in Kanana (buite Orkney) gelei, waar die verdagte gel-plofstof, skokbuis-ontstekers, skokbuis-monteerpunte en nitrokoorde, alles na raming R1 miljoen werd, versteek het,” lui die verklaring.

Tau is in aanhouding. Hy sal weer op 8 Augustus in die hof verskyn wanneer hy na verwagting aansoek om borgtog sal doen.

Meer oor:  Valke  |  Orkney  |  Plofstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.