Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas wat paramedici by Howick-waterval beroof

Die polisie het ’n 29-jarige verdagte wat na bewering twee vroue van ER24 Dinsdag by die Howick-waterval in KwaZulu-Natal met ’n mes aangehou en van hul selfone en kontant beroof het, in hegtenis geneem.

Netwerk24 het vroeër berig hoe die twee nooddienswerkers, onderskeidelik 35 en 27 jaar oud, vir traumaberading geneem is nadat hulle Dinsdag by die bekende toeristeaantreklikheid in hul ambulans met ’n mes aangehou en gedreig is.

Die voorval is die vierde rooftog by die waterval die afgelope week.

Volgens ER24 was daar geen toeriste of besoekers by die waterval ten tyde van die rooftog nie, maar het sommige smouse wat besig was om hul stalletjies op te rig die man ná die voorval in die rigting van die nabye Shiyabazali- informele nedersetting sien hardloop.

Die polisie het op grond van inligting die verdagte in Shiyabazali gearresteer, naby aan waar die rooftog plaasgevind het,

Die polisie het kort daarna met ’n dringende soektog na die verdagte met die hulp van die honde-eenheid begin.

“Die polisie het op grond van inligting wat hulle tydens die ondersoek ingewin het die verdagte in Shiyabazali gearresteer, naby aan waar die rooftog plaasgevind het,” sê Chitra Bodasing Harduth, ER24-woordvoerder.

Harduth sê die verdagte is met die twee paramedici se selfone in sy besit gevind en die polisie het ook die mes waarmee hy hulle aangehou in sy huis gevind. Die vroue het ook die verdagte positief geïdentifiseer.

Sers. Philani Kunene, woordvoerder vir die Howick-polisiekantoor, sê die verdagte sal Donderdag in die landdroshof in Howick verskyn. Die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat hy met ander voorvalle in die gebied verbind kan word.

ER24 het die betrokke polisielede, asook Knight Security Solutions, Pietermaritzburg se soek-en-reddingseenheid en lede van die polisie se honde-eenheid en blitspatrollie wat by die soektog betrokke was vir hul vinnige optrede bedank

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.