Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas wat sê hy sal dronk bestuur as hy wil

’n Man (46) is Dinsdagoggend in hegtenis geneem vir dronkbestuur, maar hy was nie oortuig hy oortree die wet nie.

Titanium Securitas, ’n sekerheid-en-nooddienste-onderneming, het op sy Facebook-blad gesê toe die man aangekeer is, het hy gesê hy kan dronk bestuur wanneer hy ook al wil.

Titanium Securitas was op die toneel toe die bestuurder van ’n Hyundai i10 agter in ’n stilstaande Volkswagen Polo in Brackenfell vasgery het.

Lede van die Kaapstadse metroraad se wetstoepassingsafdeling tel die man wat onder die invloed was in hul vangwa.Foto: Facebook

Dit was luidens ’n verklaring van Titanium Securitas duidelik dat die man onder die invloed van drank was. Hulle, asook verskeie omstanders, het glo die Brackenfell-polisie gekontak om te kom help.

Kobus Kotze, woordvoerder van Titanium Securitas, sê die Brackenfell-polisie het geweier om na die toneel te kom, al was die ongeluk meters van die polisiekantoor.

Mense wat gebel het, is gevra om eerder die verkeersdienste te kontak vir hulp.

Die polisie weet van die ongeluk, sê lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder.

Die 46-jarige man word geboei. Foto: Facebook

“Omdat voertuie by ander ondersoeke besig was, het die bevelvoerder die verkeersdepartement gevra om te help,” sê Traut.

“Die verkeersdepartement het dadelik gereageer en die man is in hegtenis geneem vir dronkbestuur en by die Brackenfell-polisiekantoor aangehou,” sê Traut.

Die man het ’n blaastoets gedoen en die lesing was 1.53 (die limiet is 0.24), sê Richard Coleman, woordvoerder van Kaapstad se verkeersdienste.

“Hy is geneem vir ’n verpligte asemtoets, wat hy geweier het om te doen. Daarna is bloed getrek vir toetse. Dit moes onder begeleiding gedoen word met die hulp van wetstoepassingspersoneel, weens die beskuldigde se gewelddadige optrede.”

Titanium Securitas het ook die Kaapstad-metro se wetstoepassingsafdeling bedank vir sy vinnige reaksie op die toneel. Hulle het gehelp om die man na die polisie se kantoor te neem, sê Wayne Dyason, woordvoerder van die Kaapstadse metroraad se wetstoepassingsafdeling.

Die man se beskadigde motor is verwyder deur die verkeersdienste en geen beserings is aangemeld nie.

Die man van Kraaifontein sal binnekort in die landdroshof in Kuilsrivier verskyn.

Meer oor:  Titanium Securitas  |  Brackenfell  |  Ongeluk  |  Inhegtenisname  |  Dronkbestuur  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.