Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas wat swanger vrou vermoor

’n Man is vir die moord op ’n swanger vrou van Bonteheuwel, Kaapstad, in hegtenis geneem, het die Wes-Kaapse polisie Saterdag bevestig.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n 42-jarige man is gearresteer nadat die vrou Woensdagaand geskiet is. Sy is later in die hospitaal dood.

“Die verdagte sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Bishop Lavis verskyn,” sê Rwexana.

Angus McKenzie, ’n raadslid in die omgewing, het die vrou as die 30-jarige Petula Williams geïdentifiseer.

Volgens McKenzie is sy omstreeks 17:30 in haar huis in Terblanchestraat geskiet. Die moordenaar het glo in die vrou se huis ingeloop en haar in die bolyf en rug geskiet.

Dié voorval hou glo verband met bendegeweld tussen opponerende groepe wat brandpunt bereik het.

Meer oor:  Bonteheuwel  |  Bendegeweld  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.