Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vermink glo hondjies om hulle te verkoop

’n Man wat vermoedelik hondjies vermink om simpatie te wek om hulle te verkoop, is Sondag in Kaapstad in hegtenis geneem.

Flip Flop is een van die hondjies wat deur die verdagte vermink en verkoop is. Foto: Verskaf

Wayne Dyason, woordvoerder van Kaapstad se wetstoepassingsafdeling, sê die man is Sondag omstreeks 20:10 in Tuine in hegtenis geneem. Hy het ’n hondjie by hom gehad, maar dié is nie vermink nie.

Hy is by die Sentraal-polisiekantoor in Kaapstad aangehou, maar Dyason kon nie bevestig dat hy steeds in aanhouding is nie.

Dyason sê hy is vasgetrek nadat lede van die gemeenskap gekla het hy verkwansel verminkte hondjies.

Een van dié hondjies, wat Flip Flop gedoop is, se een agterpootjie is afgesny. ’n Vrou het hom by die verdagte gekoop en na die Kaap die Goeie Hoop-dierebeskermingsvereniging (DBV) geneem.

Mense het selfs op sosiale media belonings begin beloof vir inligting wat tot sy inhegtenisneming kan lei.

Belinda Abraham, woordvoerder van die Kaap die Goeie Hoop-DBV, het by navraag gesê hulle het verlede jaar twee dossiere aangelê teen ’n verdagte wat in dieselfde gebied hondjies vermink en verkoop het.

Die DBV het saam met wetstoepassers gewerk om dié persoon vas te trek.

Sover die DBV se kennis strek, is hy in die Polssmoor-gevangenis aangehou en in ’n stadium deur die hof vir sielkundige waarneming verwys.

Hulle weet nie wat verder van dié saak geword het nie en dis nie duidelik of die verdagte wat Sondag in hegtenis geneem is, dieselfde persoon is nie.

Die DBV is onlangs weer ingelig oor verminkte hondjies wat in dié gebied verkoop word.

Abraham sê egter solank mense die hondjies koop, sal die misdaad nie stop nie.

Meer oor:  Inhegtenisneming  |  Verkoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.