Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vermoor bykans hele gesin in Eshowe

Ses mense van dieselfde gesin in Nkanini in Eshowe, KwaZulu-Natal, is die naweek doodgeskiet na bewering deur ’n familielid wat sedertdien in hegtenis geneem is.

Volgens brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, is bykans die hele gesin Saterdagaand by hul huis vermoor.

“Die verdagte het na bewering Saterdag omstreeks 23:00 by die huis opgedaag en die gesin byeen geroep. Dit het gebeur nadat hy met ’n byl by die deur van die huis ingekom het. Hy het die ses gesinslede tussen agt en 70 jaar met ’n pistool doodgeskiet,” sê Naicker. Die man het daarna gevlug.

“Speurders het onverpoos gewerk en die man Maandag in Greytown opgespoor,” sê hy.

Die 36-jarige man is in hegtenis geneem en na Eshowe geneem waar hy binnekort in die landdroshof in verband met die moorde sal verskyn.

“Die enigste oorlewende was ’n negejarige kind wat tydens die aanval in die huis weggekruip het. Die kind het ná die voorval haarself aan die slaap gehuil,” sê Kwazi Mshengu, waarnemende LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling in KwaZulu-Natal.

Mshengu het die wreedaardige moorde veroordeel en dit as “gevoelloos en koelbloedig” bestempel.

Volgens Mshengu het moorde in die provinsie met 10,4% toegeneem. Vuurwapens word algemeen in die pleging van misdade gebruik.

“Ons het die polisie gevra om brandpunte in die provinsie te identifiseer en bykomende polisiebeamptes in sulke gebiede te ontplooi om sigbaarheid te verhoog. Dit is kommerwekkend dat die gesin in hul eie huis om die lewe gebring is,” sê Mshengu. - News24

Meer oor:  Eshowe  |  Kwazulu-Natal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.