Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vermoor glo ma, suster
Die huis waar ’n 22-jarige man blykbaar sy ma en sy suster met ’n mes doodgesteek het. Foto: Ntwaagae Seleka

’n Man sal binnekort in die hof verskyn nadat hy glo sy ma en sy suster doodgesteek en nog twee familielede met steekwonde in die hospitaal laat beland het.

Die 22-jarige man het na bewering probeer om homself met ’n mes om die lewe te bring. Hy is nog nie uit die hospitaal ontslaan nie.

Die voorval het op 29 November in Sebokeng Sone 13 in Gauteng gebeur.

Bure het verlede week aan News24 beskryf hoe hulle wakker geword het weens gille uit die huis waar die verdagte blykbaar sy 43-jarige ma en haar 4-jarige dogter vermoor het. Die man se negejarige suster en 16-jarige broer word nog in die hospitaal behandel.

Een van die bure het gesê dat sy die 16-jarige seun gedurende die vroeë oggendure van die huis sien weghardloop het terwyl hy om hulp geskree het.

Kapt. Teboho Lephoto, polisiewoordvoerder, sê na verwagting sal die verdagte op 10 Desember in die landdroshof in Sebokeng verskyn.

Die man staar twee aanklagte van moord en twee aanklagte van poging tot moord in die gesig, sê Lephoto.

Meer oor:  Sebokeng  |  Suster Vermoor  |  Ma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.