Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man versteek glo R10 m. se heroïen in tas

’n Man het die afgelope week glo 3 kg se heroïen in vals kompartemente in sy tas vanaf die O.R. Tambo-lughawe na Europa probeer smokkel.

Hy is vasgetrek net toe hy sy vlug wou haal, het Sandile Memela, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), in ’n mediaverklaring gesê. Dit was een van drie voorvalle waartydens doeanebeamptes by die lughawe vandeesweek beslag gelê het op dwelms met ’n gesamentlike waarde van sowat R12 miljoen.

Beamptes het die man Woensdag betrap toe hy glo probeer het om die 3 kg heroïen, met ’n geskatte waarde van R9,2 miljoen, uit die land te smokkel. Memela sê hy was op die punt om ’n vlug te haal, toe doeanebeamptes hom voorgekeer en ondervra het.

“Hy moes hulle na ’n aangewese plek vergesel en sy tasse oopmaak. Toe die tas in die doene-deursoekgebied gefynkam is, is die heroïen in vals kompartemente gevind. Die polisie het die man in hegtenis geneem.”

* In nog ’n voorval het doeanebeamptes ’n wenk van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid opgevolg, oor ’n vrag wat Donderdag van Lagos (Nigerië) in Johannesburg aangekom het. Memela sê toe die vrag deursoek is met die hulp van polisiehonde, is vier pakkies wat elk 4 kg tik bevat het, gevind. Dit het ’n gesamentlike straatwaarde van R2,2 miljoen.

Die pakkies is aan die Valke oorhandig.

Die derde voorval was toe nog ’n pakkie tik ter waarde van R630 000 by die lughawe se possentrum gevind is. Dit het 2,8 kg geweeg en sal ook aan die polisie oorhandig word, het Memela gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.