Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vind suster se lyk in staalkis

’n Man is vasgetrek nadat ’n 32-jarige vrou vermoor is en haar lyk toe in ’n staalkis versteek is.

Die polisie in Mpumalanga het na die vrou gesoek sedert sy op 15 September vermis geraak het.

Haar lyk is ’n dag later in die dorpie KwaMhlanga, Mpumalanga, gevind.

Die vrou se familie het onraad vermoed nadat sy nie op die betrokke oggend van haar verdwyning daar was om haar twee dogters gereed te kry vir skool nie.

Daar word beweer die kinders het hul ma se kêrel gevra waar sy is. Hy het toe gesê sy is kliniek toe, volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder.

Terwyl die soektog aan die gang was, het die vrou se jonger broer by haar slaapkamer ingegaan en daar na leidrade gesoek.

“Hy het ’n staalkis oopgemaak wat deur die kêrel as gereedskapskis gebruik is toe hy op die grusame ontdekking afkom van sy suster se lyk wat halfnaak en gekneus in die kis gedruk is.”

Hlathi sê die motief vir die moord is nog nie vasgestel nie en ’n saak van moord word ondersoek.

Die verdagte het glo ’n huis beroof om geld in die hande te kry en te vlug waarna hy in Ga-Masemola in Limpopo vasgetrek is. Hy is blykbaar reeds gesoek in verband met ander sake van moord en verkragting in dié provinsie.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Liggaam  |  Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.