Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vir eers vry ná hy vriendin glo vermoor

Die man wat vir die moord op sy vriendin in Despatch aangekeer is, is vrygelaat voordat hy in die hof verskyn het.

Die 49-jarige man is Sondag by sy huis in Elandstraat op ’n aanklag van moord in hegtenis geneem nadat hy sy 36-jarige vriendin se dood by die polisie aangemeld het, het Netwerk24 vroeër berig.

Volgens kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het die landdroshof in Uitenhage Maandagmiddag besluit om voorlopig nie die saak op die hofrol te plaas nie, aangesien daar nog uitstaande getuienis is.

Swart sê sodra die nodige verklarings en bewysstukke bekom is, sal die saak weer na die hof verwys word.

Die verdagte is Maandag vrygelaat.

Hy is Sondag vir die moord in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het dat hy die slagoffer na bewering erg aangerand het.

Na verneem word woon die slagoffer en die verdagte op ’n kleinhoewe waar hy as arbeider in diens is.

Verder word beweer die verdagte het die slagoffer Saterdagmiddag na ’n nabygeleë rivier geneem, waar hy haar gekonfronteer het omdat sy glo vroeër saam met ’n ander man gesien is. Die verdagte het haar glo hier met ’n plank aangerand, waarna hy haar na hul huis gedra het. By die huis is sy glo verder aangerand.

Die verdagte het vroeg Sondagoggend die huis vir werk verlaat. Hy is etenstyd terug huis toe waar hy glo die slagoffer dood aangetref en die polisie gebel het.

Meer oor:  Despatch  |  Moord  |  Vrou  |  Plank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.