Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man kritiek ná skote buite skool

’n Man is Maandagmiddag buite die Bernard Isaacs-laerskool in Coronationville, Johannesburg, geskiet.

Die man was glo by die skool om ’n leerling aan die skool te kom afhaal toe twee verdagtes hom genader en verskeie skote op hom geskiet het.

Volgens kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, was die man in ’n Golf toe die twee mans hom genader en op hom losgebrand het.

Die polisie het ’n beroep gedoen op enigiemand met inligting oor die voorval om na vore te kom.

* Daar is aanvanklik berig die man is doodgeskiet. 

Meer oor:  Johannesburg  |  Man  |  Polisie-Ondersoek  |  Misdaad  |  Doodgeskiet  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.