Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man, vriendin in Dan Pienaar gekaap

’n 20-jarige man van Dan Pienaar in Bloemfontein en sy vriendin is Vrydagaand gedurende beurtkrag voor sy huis in Leipoldtstraat gekaap.

Die twee verdagtes het onder meer met hul selfone, geld en bakkie weggejaag.

Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê ’n klag van motorkaping is by die Bayswater-polisiekantoor ingedien.

Die man beweer hy het Vrydagaand omstreeks 20:45 saam met sy vriendin in sy motor gesit en uit sy motorhuis gery toe hy twee mans sien nader stap.

“Een van hulle het die bestuurder se deur oopgemaak en ’n vuurwapen op hom gerig en hom beveel om uit die voertuig te klim.”

Die man het gemaak soos hy sê. Die ander verdagte het om die motor gestap en selfone en geld van die meisie beveel.

“Hulle het ook die motorsleutels en sy besittings geëis. Die verdagtes het met die man se bakkie weggejaag.”

Die voertuig is in die Parkweg-gebied opgespoor.

Werner Schmidt, wat ook in die straat vyf huise van waar die kaping plaasgevind het woon, het Saterdag daaroor op Facebook geskryf.

“Dit is die eerste kaping in ons straat. Ek haat dat dit so alledaags voel.”

Die verdagtes is steeds op vrye voet.

Enigeen met inligting kan kapt. Kelaotswe Lucas Lebodi by 082 043 9522 kontak.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Dan Pienaar  |  Diefstal  |  Kaping  |  Misdaad  |  Selfoon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.