Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man wat 2 voertuie in Kby roof, glo metropolisielid

’n Vermeende rower is Woensdagaand in Bloemfontein aangekeer kort nadat hy en ’n makker na bewering twee voertuie in Kimberley geroof het.

Polisiebeamptes Woensdagaand op die toneel in Parfittlaan, Bloemfontein, waar hulle een van die geroofde Toyota Land Cruisers teruggekry en een van die vermeende rowers aangekeer het. Foto: Verskaf

Die een, ’n 34-jarige man, is glo ’n metropolisielid van Gauteng.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, sê twee gewapende mans het omstreeks 19:30 op ’n motorhandelaar in Kimberley toegeslaan en die veiligheidswag met toue en kleefband vasgebind.

Hulle het twee Toyota Land Cruisers en die wag se selfoon geroof en weggery.

Volgens Mooi het die polisie die veiligheidswag se selfoon nagespoor en gesien dit beweeg op die N8 in die rigting van Bloemfontein.

Polisie-eenhede van Kimberley en Bloemfontein het na die voertuig gesoek en dit in Bloemfontein opgespoor en voorgekeer.

Netwerk24 verneem die man is in Parfittlaan aangekeer en het byna gehuil toe die beamptes hom boei.

Mooi kon nie Donderdag bevestig of die man wel ’n metropolisiebeampte is nie en sê hulle is steeds besig om ’n profiel van die verdagte saam te stel.

Die polisie soek nog na die tweede rower.

Die polisie van Bloemfontein en Kimberley het Woensdagaand hierdie Land Cruiser in Bloemfontein teruggekry nadat dit in Kimberley geroof is. Foto: Verskaf

Die man sal na verwagting Vrydag op ’n aanklag van die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn, waarna hy na Kimberley geneem sal word om daar op ’n aanklag van gewapende roof te verskyn.

Sovereign Motors in Kimberley, aan wie die twee Land Cruisers behoort, het op sy Facebook-blad geskyf: “Sovereign wil hul opregte dank en waardering uitspreek teenoor die SAPD vir hul vinnige reaksie in die nasporing en terugvind van ons twee gesteelde voertuie.”

Meer oor:  Lt.Kol. Dimakatso Mooi  |  Kimberley  |  Metropolisielid  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.