Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man wat in hospitaal geskiet is, vroeër ook geteiken
Die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley waar ’n man Vrydagoggend omstreeks 03:50 doodgeskiet is.Foto: Argief

Die man wat Vrydagoggend in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley doodgeskiet is, is vroeër in die waaksaal opgeneem met verskeie skietwonde ná ’n aanslag op sy lewe.

Die man is pas uit die waaksaal na ’n gewone saal oorgeplaas toe hy in sy hospitaalbed ten aanskoue van ander pasiënte doodgeskiet is.

Maruping Lekwene, Noord-Kaapse LUR vir gesondheid, het sy skok en afgryse oor die voorval uitgespreek en sê dit is wreedaardig.

Vier mans het na bewering omstreeks 03:50 die hospitaal met persoonlike beskermingsdrag binnegekom en die man in sy bed doodgeskiet.

Daarna het die aanvallers die selfone van pasiënte en ook verpleegsters geroof en die telefone by die verpleegsters se ontvangstoonbank ontkoppel voordat hulle op die vlug geslaan het.

“As ’n departement veroordeel ons enige vorm van misdaad en geweld in ons fasiliteite,” het Lekwene gesê.

“Ons hoop die polisie en alle wetstoepassers sal alles in die stryd werp om die oortreders vinnig vas te trek.”

Lekwene sê die departement het dadelik gereël dat die pasiënte en verpleegpersoneel wat deur die voorval geraak is en die moord voor hul oë sien afspeel het traumaberading sal ontvang.

“Ons wil graag die gemeenskap en die gesondheidswerkers in ons geriewe se veiligheid verseker. Staatshospitale is van nature nie hoë sekuriteitfasiliteite nie. Ons verwag nie dat sulke misdade in fasiliteite sal gebeur waar die doelwit is om sorg aan siekes te lewer en waar ons lewens probeer red nie,” het Lekwene gesê.

Hy het sy medelye met die slagoffer se familie betuig.

Die identiteit van die man is nog nie bekend gemaak nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigeen met inligting kan speursers. Mgake Segolodi by 0823020407 kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.