Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man wat met heroïen in SA smous in VSA gevonnis

’n Man wat verlede jaar deur Suid-Afrika aan Amerika uitgelewer is, is die afgelope week tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir heroïen-dwelmhandel.

Die Nigeriese burger Edwin Anyaoku (54) is in Julie 2018 in Fourways in Johannesburg in hegtenis geneem gedurende ’n gesamentlike operasie van die Valke en ’n Amerikaanse ondersoekeenheid vir dwelmhandel.

News24 het vroeër berig dat sy uitlewering in April 2019 deur die destydse minister van justisie, Michael Masutha, goedgekeur is.

Die Amerikaanse departement van justisie het Dinsdag in ’n verklaring gesê volgens hofdokumente was Anyaoku ’n heroïensmokkelaar wat in Johannesburg gebly het. “In daardie deel van die wêreld kom die heroïen gewoonlik van Pakistan of Afghanistan, dan gaan dit deur die suidelike deel van Afrika voordat dit elders verkoop word. In Desember 2017 het ’n informant van die wetstoepassers onderhandel om ’n ??kilogram heroïen by Anyaoku vir $15 000 te koop.”

Volgens die Amerikaners het Anyaoku geweet dat die koper die heroïen vir wins in Amerika sou verkoop. Die transaksie vir die kilogram heroïen sou ’n toetslopie wees voordat daar oor ’n groter hoeveelheid onderhandel sou word. Anyaoku het later met die koper ooreengekom om 29 kg heroïen teen $14 000 per kilogram aan hom te verkoop. Hy het geweet dat heroïen in New York vir meer as $60 000 per kilogram verkoop word. Toe Anyaoku en ’n handlanger by ’n Johannesburgse hotel met die 29 kg heroïen in ’n drasak en wieletjiestas opdaag, is hy in hegtenis geneem en aangehou totdat die uitleweringsproses afgehandel is.

“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het beduidende hulp verleen met die ondersoek,” het die Amerikaners in hul verklaring gesê.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.