Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man wat na bewering 11-jarige vermoor was uit op parool

Die vermeende moordenaar van ’n 11-jarige meisie van Limpopo was uit op parool toe die misdryf gepleeg is.

Thandi Mampane (11) is op pad na haar skool ontvoer en vermoor.

Bheka Rapolai (35) het Maandag vlugtig in die landdroshof in Nebo, naby Groblersdal, in verband met die moord op Thandi Mampane verskyn.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Rapolai het drie jaar tronkstraf uitgedien op aanklag van ontsnapping uit polisieaanhouding.

Ngoepe sê Rapolai was destyds in polisieaanhouding omdat hy glo verbind kon word aan ’n rooftog by ’n sakeonderneming buite Groblersdal. Dié saak is steeds hangend.

Thandi het op 5 September na haar skool in die Ga-Marishane-nedersetting geloop en nooit by die Marishane Primary School opgedaag nie. Die skool, haar ouers en die gemeenskap het die polisie gehelp om na haar te soek. Haar lyk is die volgende dag in ’n beboste gebied in Ga-Marishane gekry.

Bekha Rapolai (35) was op parool toe hy na bewering ’n 11-jarige meisie van Limpopo vermoor het.Foto: SAPD

Bevindinge van Ngoepe sê die lykskouing oor hoe sy vermoor is, sal deel van die hofsaak uitmaak. Die lykskouing sal ook bepaal of Thandi verkrag is.

Rapolai is Donderdag in hegtenis geneem. Hy het Maandag op aanklagte van ontvoering en moord in die landdroshof op Nebo verskyn.

Thandi is Saterdag in Ga-Marishane begrawe. Stan Mathabatha, premier van Limpopo, en verskeie LUR’e het die begrafnis in ’n markiestent bygewoon en gesê haar vermeende moordenaar moenie borgtog kry nie. Bo-op die houtkis was ’n rangskikking van pienk en wit blomme.

’n Woedende groep inwoners van Ga-Marishane het Maandag buite die hof saamgedrom waar Rapolai verskyn het.

Die SAUK berig dat die mense op Rapolai afgestorm het toe hy ná sy hofverskyning in ’n polisievoertuig geklim het.

Hy bly in aanhouding en sal op 1 Oktober waarskynlik om borgtog aansoek doen.

Thandi Mampane (11) se kis Saterdag by haar begrafnis in Ga-Marishane buite Groblersdal in Limpopo. Foto: Facebook/Kenny Mathivha
Meer oor:  Thandi Mampane  |  Bheka Rapolai  |  Groblersdal  |  Nebo  |  Parool  |  11-Jarige  |  Moord  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.