Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man wat uit vangwa ontsnap, nog soek
Afra Rikhotso

Die gevangene wat Dinsdag buite Polokwane uit ’n polisievangwa ontsnap het toe polisielede gestop het om kos te koop, is steeds op vrye voet.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die soektog na Afra Rikhotso (27) duur voort.

Twee polisielede van die Northam-polisiekantoor het Rikhotso Dinsdag by die Thohoyandou-gevangenis gaan haal waar hy tronkstraf weens verskeie gewapende rooftogte uitdien.

Ngoepe sê Rikhotso moes Woensdag in die Northam-landdroshof verskyn het op nóg aanklagte van gewapende roof.

Op pad vanaf Thohoyandou na Northam het die polisielede by die Shell Ultra City sowat 10 km buite Polokwane stilgehou om kos by ’n wegneemeterestaurant te koop.

Thohoyandou, in die verre noorde van Limpopo, is sowat 500 km vanaf Northam, wat in die suidwestelike deel van Limpopo is.

Ngoepe sê terwyl die twee polisiebeamptes kos gekoop het, het Rikhotso agter uit die polisievangwa ontsnap.

Hoe dit presies gebeur het, is nie duidelik nie. Dit is ook nie duidelik of die polisielede Rikhotso uit die polisievangwa laat klim het toe hulle stilgehou het nie.

Ngoepe sê Rikhotso het ’n wapen uitgepluk en dit op die polisielede gerig. “Ons ondersoek nog waar hy die wapen gekry het.”

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) ondersoek ook die voorval.

Ngoepe sê die polisie is warm op die spoor van Rikhotso. Daar sal ’n ondersoek gedoen word na die twee polisiebeamptes wat Rikhotso vervoer het.

Dit is ’n baie ernstige voorval. Hy kon die polisielede doodgeskiet het

“Dit is ’n baie ernstige voorval. Hy kon die polisielede doodgeskiet het,” het Ngoepe gesê.

Rikhotso het ’n Springbok-rugbytrui aangehad toe hy ontsnap het.

Enigiemand met inligting kan kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 bel. Die polisie se noodnommer, 10111, kan ook geskakel word.

Meer oor:  Thohoyandou  |  Polisie  |  Ontsnap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.