Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Manenberg verwelkom weermag in hul midde

“Ons is moeg van die gangs en al die k*k.”

So het ’n moedelose inwoner van Manenberg op die Kaapse Vlakte Donderdag gesê toe die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) uiteindelik hul verskyning in dié bendegeteisterde woonbuurt gemaak het.

Dié inwoner, soos vele ander, het die weermag luidkeels toegejuig en verwelkom toe hulle saam met die polisie en Kaapstadse wetstoepassers die woonbuurt begin patrolleer het.

Die weermag is in Manenberg ontplooi.Foto: Jaco Marais

Volgens die inwoner, wat verkies om anoniem te bly, is die weermag hul laaste hoop om bendeaktiwiteite op die Vlakte hok te slaan.

Verskeie inwoners wou nie hul identiteit bekend maak nie, uit vrees dat bendelede hulle sou teiken, maar het erken dat hulle hoë verwagtinge het.

Inwoners van Manenberg verwelkom die weermag in hul midde.Foto: Jaco Marais

“As dit nie ’n verskil gaan maak nie, sal ons, wat hier in Manenberg bly, self ’n verskil moet maak,” het een vrou gesê.

’n Ander vrou het gesê sy is bly die weermag is uiteindelik ontplooi en sy hoop hul kinders sal voortaan veiliger wees.

“Hulle is hier om ’n ieder en elk van ons te beskerm en hopelik veral die kinders.”

Volgens haar skiet bendes veral op mekaar wanneer die skoolkinders soggens skool toe loop en weer terug huis toe gaan.

“Die bendes is bang vir die polisie, hulle is bang vir die weermag. Hul dwelmsake staan stil – dit gaan ’n verskil maak,” sê sy.

Voor ’n skrootmetaalonderneming, waar owerhede vroeër ’n klopjag uitgevoer het, het ’n werker gesê dit is vermoedelik omdat daar gesteelde kabels na die onderneming gebring is.

Díe man, wat in Hanover Park bly, sê hy hoop die weermag kan ook in sy woongebied ontplooi word. Volgens hom word daar so dikwels geskiet dat hulle nie buite kan rondloop nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.