Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Mans aangekeer ná hulle vrou (75) glo beroof, verkrag

Twee mans is ’n dag nadat hulle ’n bejaarde vrou na bewering in haar huis in Williston in die Noord-Kaap beroof en verkrag het, aangekeer.

Een van die twee verdagtes wat na bewering ’n bejaarde vrou beroof en verkrag het, staan voor konstabels Timothy Louw, Adriaan Willemse, Warren Wilschut en Anwill Snel. Foto: Verskaf

Die verdagtes, wat onderskeidelik 19 en 29 jaar oud is, sal Dinsdag in die periodieke hof op die dorp verskyn.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die mans het die afgelope Saterdag omstreeks 22:00 by die 75-jarige vrou se huis ingebreek.

“Hulle het haar na bewering met ’n mes gedreig en haar bankkaart en ander waardevolle besittings geëis. Hulle het haar hande en voete vasgebind en geld uit haar bankrekening gaan onttrek. Met hul terugkoms het een van die mans haar verkrag voordat hulle gevlug het.

“Die polisie het inligting ontvang en Sondag, ná ’n uitgebreide soektog, die mans by hul huise aangekeer.”

Enigeen met inligting kan sers. Jacques Swarts by 082 353 0585 bel.

Meer oor:  Williston  |  Noord-Kaap  |  Beroof  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.