Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Mans gevang met 27 ongeslypte diamante
diamante
Die diamante waarop beslag gelê is.

Twee verdagtes is vasgetrek nadat ongeslypte diamante van R1,5 miljoen by hulle gekry is.

Die polisie het Vrydagaand in Voortrekkerstraat in Bellville motoriste gestop en deursoek toe hulle op dié vonds afkom.

Die polisie het die betrokke 46-jarige en 53-jarige mans voorgekeer, sê kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder.

“Die mans is ondervra en hulle het senuweeagtig voorgekom. Dit het die polisielede genoop om hulle te deursoek, waarna twee klein sakkies by hulle gevind is.”

Daar is op 27 ongeslypte diamante met ’n waarde van R1,5 miljoen beslag gelê.

Die mans, wat vermoedelik van Namibië afkomstig is, sal Maandag in die hof verskyn.

Meer oor:  Namibië  |  Diamante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.