Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Mans met 5 sakke perlemoen gevang
Die sakke met perlemoen wat Woensdagoggend in ’n Toyota Corolla in Victoria-rylaan naby Schoenmakerskop aangetref is. Foto: Verskaf

Twee mans is vroeg Woensdagoggend naby Schoenmakerskop in Gqeberha (Port Elizabeth) met vyf sakke vol perlemoen in hul besit betrap.

Die sakke met 512 perlemoene is in die bagasieruim van die Toyota Corolla-motor aangetref waarmee die twee beskuldigdes gery het.

Die polisie het in samewerking met Dark Water Ops, ’n private teenstropingseenheid, dieselfde motor reeds Dinsdagaand omstreeks 22:00 in Marine-rylaan voorgekeer terwyl inligting opgevolg is dat dié motor moontlik perlemoen vervoer.

Die gekonfiskeerde perlemoen word deur die polisie op die toneel getel. Altesaam 512 perlemoene was in die vyf sakke. Foto: Verskaf

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die lede het egter niks vreemd in die motor gevind nie.

Woensdag omstreeks 05:30 is die motor in Victoria-rylaan naby Schoenmakerskop opgemerk en weer voorgekeer, waarna die perlemoen in die bagasieruim aangetref is.

Die twee insittendes van die motor, onderskeidelik 21 en 34 jaar oud, is in hegtenis geneem en die perlemoen gekonfiskeer.

Nicky Erasmus, bedryfsdirekteur van Dark Water Ops, sê die swartmarkwaarde van die perlemoen is net meer as R160 000. Die totaal is geskoei op die geskatte swartmarkprys van ongeveer R2 200 per kilogram.

Naidu sê die beskuldigdes sal Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn vir die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne.

Meer oor:  Gqeberha (Port Elizabeth)  |  Perlemoen  |  2 Mans  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.