Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Mans met polisie-glimbaadjies oorval egpaar op plaas

’n Bejaarde egpaar is Vrydagmiddag op ’n plaas buite Sasolburg in die Vrystaat aangeval deur ses gewapende mans wat polisie-glimbaadjies gedra het.

Herman van Wyk van die Koepel-gemeenskapspolisiëringsforum (KGPF) sê Allen Peeters is buite die plaashuis deur die mans oorrompel.

“Vyf van hulle het handwapens gehad en een ’n aanvalsgeweer. Peeters is deur die mans in die huis ingedwing, aangerand en met ’n kabelbinder gewurg.

“Sy vrou, Louise, het intussen uit Sasolburg teruggekeer en is ook deur die mans oorval en vasgebind.”

Die rowers het volgens Van Wyk ’n kleinerige bedrag kontant, juwele en vyf vuurwapens gebuit.

Adolf Greeff van die KGPF het in ’n stemboodskap bevestig dat die mans hulle voorgedoen het as polisielede.

Die rowers het met ’n Toyota-bakkie en ’n silwergrys Toyota Fortuner met Gautengnommerplate gevlug.

Teen Vrydagmiddag laat was lede van die polisie se forensiese ondersoekeenheid nog besig om die toneel te fynkam.

Konst. Joseph Rani, woordvoerder van die gebied, sal later ’n mediaverklaring uitreik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.