Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Mans sit voet in hoek met bakkievrag sigarette

Drie mans wat na bewering die naweek met ’n bakkievrag smokkelsigarette vir die polisie in Limpopo weggejaag het, is agter tralies.

Pieter Venter (28), Alemayenu Leta (42) en Amandul Biru (33) het Maandag vlugtig in die landdroshof in Modimolle verskyn.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die drie mans het Saterdagaand vir die polisie in Modimolle weggejaag. Hulle het na bewering ’n duisend pakkies sigarette in hul voertuig gehad.

Die polisie in Modimolle het die Bela-Bela-polisie laat weet dat die mans in dié dorp se rigting op pad is. Die polisie het hulle agternagesit en die mans is ná ’n jaagtog in hegtenis geneem.

Hulle het op aanklag van die onwettige besit van sigarette in die landdroshof in Modimolle verskyn. Hulle sal Woensdag om borgtog aansoek doen.

Die polisie in Limpopo het Saterdag op ’n duisend kartonbokse smokkelsigarette in Bela-Bela beslag gelê. Foto: SAPD

• In ’n afsonderlike voorval is twee mans Sondag in Sebayeng buite Polokwane in hegtenis geneem nadat hulle ook van die polisie af weggejaag het. Die mans het na bewering ook onwettige sigarette in hul motor gehad.

Mojapelo sê hulle sal later vandeesweek in die landdroshof in Mankweng verskyn op aanklag van die besit van onwettige sigarette sowel as die oortreding van die Rampbestuurswet.

Meer oor:  Onwettige Sigarette  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.