Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Marc Batchelor vermoor: Polisie vra publiek se hulp
marc batchelor
Die oudsokkerspeler Marc Batchelor. Foto: Gallo Images

* In 'n vorige weergawe van dié berig is gemeld dat Batcherlor ook vir Bafana Bafana op die veld uitgedraf het. Dit is nie die geval nie en is reggestel.

Die familie van die oud-sokkerspeler Marc Batchelor loof na wat verneem word ’n groot beloning uit vir enigiemand wat kan help om sy moordenaars vas te trek.

“Die familie loof ’n beloning van R3 miljoen uit aan enigiemand wat met positiewe inligting kan help wat tot inhegtenisneming en suksesvolle vervolging kan lei,” het 'n ingeligte na aan die familie aan Netwerk24 gesê.

Netwerk24 kon nog nie self met die familie praat nie. 

Batchelor is Maandagaand naby sy huis in Johannesburg doodgeskiet.

Die polisie doen ook 'n beroep op die publiek om na vore te kom indien hulle enige inligting oor die moord op Batchelor het, het lt. kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, Dinsdagoggend aan Netwerk24 gesê. Enigeen met inligting kan Crime Stop kontak, het hy gesê.

Batchelor was ’n doelskieter wat voorheen onder meer vir  Orlando Pirates, Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns gespeel het. Hy het ook as sokkerkommentator vir SuperSport gewerk.

Volgens kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder in Gauteng, was Batchelor omstreeks 18:00 op pad na sy huis in Olivedale, naby Fourways, toe twee verdagtes op ’n motorfiets op hom losgebrand het.

“Hulle het hom verskeie kere geskiet. Hy is in sy motor dood,” sê Dlamini.

Dlamini wou nie bevestig of die polisie ’n huurmoord vermoed nie en het gesê die saak word ondersoek.

Volgens News24 is Batchelor se broer, Wayne, na die toneel toe hy die nuus ontvang het. "Ek sit hier op die (vermoedelik sy motor) se voorste sitplek en ek benodig 'n minuut om te verwerk wat ek voor my sien," het hy gesê.

Volgens foto’s van die moordtoneel lyk dit of daar sewe skote deur Batchelor se motorruit getrek het.

Hy het tydens die moordverhoor van Oscar Pistorius aan die media gesê daar was  gereeld spanning tussen Pistorius en Reeva Steenkamp.

Steenkamp was ’n vriendin van Batchelor. Hy het onder meer gesê dat Pistorius se gedrag voor die moord op 14 Februarie 2013 al problematies was.

marc batchelor
Die polisie en forensiese kundiges was laat Maandagaand op die toneel waar die oudsokkerspeler Marc Batchelor doodgeskiet is.
marc Batchelor
Die koeëlgate in die motorruit van Marc Batchelor.
marc batchelor
Marc Batchelor is naby sy huis doodgeskiet.

 

Meer oor:  Marc Batchelor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.