Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Marikana: Covid-19 nie verskoning vir geen vordering

Die Covid-19-pandemie is geen verskoning vir die gebrek aan vordering tot op hede met die vervolgings van polisielede wat verantwoordelik is vir die dood van 34 mynwerkers in die Marikana-slagting nie.

Dit is die mening van John Capel, uitvoerende hoof van die Bench Marks Foundation, aan die vooraand van die agtste herdenking van dié slagting van 16 Augustus 2012.

Ten spyte van die regering wat ’n jaar gelede gesê het “alle misdaadsake wat verband hou met die Marikana-tragedie is nou voor ons howe.

Capel sê die polisie het geen verdere prosedurele vordering gemaak nie.

Mynwerkers betoog destyds in Marikana. Foto: Elizabeth Sejake
Mynwerkers en gesinne van slagoffers sing en dans met die vierde herdenking van die slagting op dieselfe koppie waar die betogers afgemaai is. Foto: Felix Dlangamandla

Die polisielede wat aangekla is, het in Junie 2019 die eerste keer in die hof verskyn.

“Organisasies soos ons s’n het keer op keer gewaarsku oor die hongerte vir geregtigheid in die Marikana-slagting.

“Dat ons nog ’n herdenking bereik het sonder enige konkrete vordering dui op die regering se houding teenoor die mense wat hulle verteenwoordig.”

Hy sê die wiele van die regering draai stadig, maar vir die gesinne van diegene wat gesterf het lê die pyn nog vlak.

Hy sê Sibanye-Stillwater, die nuwe eienaar van die myn, moet besef dat hy Lonmin (die vorige eienaar) se verantwoordelikhede oorgeneem het.

Capel het Sibanye geprys vir sy toewyding met die bou van huise vir die weduwees van Marikana.

“Terwyl ons hoop dat Neal Froneman, Sibanye se uitvoerende hoof, by sy woord sal hou dat hy die erfeniskwessies van Lonmin sal oorneem, is ons teleurgesteld dat slegs sewe huise sover gebou is.”

Meer oor:  Marikana  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.