Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Marikana: Sersant sterf in skietgeveg met misdadigers

’n Polisiesersant is Maandagmiddag in ’n skietgeveg met ’n groep misdadigers in Marikana in Noordwes doodgeskiet.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê sers. Julia Makgareetsa (36) is in die bolyf geskiet nadat sy en ander polisielede inligting ontvang het oor ’n groep verdagtes in die Rooikoppies-omgewing in Marikana wat moontlik met ernstige geweldsmisdade verbind kan word.

“Toe die verdagtes polisievoertuie gewaar, het hulle op die vlug geslaan. Die polisielede het uit hul voertuie gespring en die verdagtes te voet agternagesit, waarna ’n skietgeveg uitgebreek het. Sers. Makgareetsa is noodlottig in die bolyf geskiet. Die 30-jarige verdagte is gewond en in hegtenis geneem,” sê Mokgwabone.

“Die verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal. ’n 9 mm Norinco-pistool en ammunisie is in sy besit gevind.”

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het die moord op Makgareetsa veroordeel en sy medelye met haar familie, vriende en kollegas betuig.

Kwena het opdrag gegee dat die polisie se 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel word om die ander verdagtes op te spoor. Enigiemand met inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte, ao. Matsie Segonyane, by 071 481 2879 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Meer oor:  Marikana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.