Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Marlothpark-moorde: Moordenaars vlug glo oor grens

Die moordenaars van ’n Belgiese man en ’n Nederlandse vrou by ’n vakansiehuis in Marlothpark het glo hul blyplek net so laat staan in hul haas om oor die grens na Mosambiek te vlug.

Volgens kapt. Louis Stander, wat deel is van die ondersoekspan na die moord op Koenraad (Koen) Collier en Alberta van der Meer (74), het die twee mans verlede Woensdag voor die dubbele moord los werkies by Collier se huis in Seekoei-straat in Marlothpark gedoen.

Victor en sy vermoorde ma, Alberta van der Meer.Foto: Verskaf

Dié treurspel het nie net die afgelope paar dae skokgolwe deur die plaaslike gemeenskap gestuur nie, maar ook hoofopskrifte in die internasionale media gehaal.

“Die mans, wat gedurende die aanval Portugees met mekaar gepraat het, is van Mosambiekse afkoms en het ’n blyplek naby die vakansiehuis gehuur wat hulle net so laat staan het toe hulle ná die aanval gevlug het,” sê Stander.

Edda Seifert (80), ’n Belgiese burger, en haar dogter, Edda van den Berg (53), het die aanval oorleef. Van den Berg en Collier was getroud en Van der Meer was Seifert se Nederlandse vriendin.

Vyf mans het hulle omstreeks 15:00 oorval. Die mans het die drie vroue met kleefband vasgebind en in die wynkelder ingeboender. Collier het ook vasgebind in ’n kuierkamer gelê.

Die vermoorde Koenraad (Koen) Collier (53) en sy vrou, Edda (53).Foto: Verskaf

“Die polisie het ná die voorval ’n sein van een van die mans se selfone op die Lebombo-grenspos opgetel wat toon dat die hulle na Mosambiek gevlug het. Lasbriewe sal so spoedig moontlik vir hul inhegtenisneming uitgereik word,” sê Stander.

Die mans het glo ook materiaal in hul slagoffers se mond gedruk.

“Interpol is nog nie in dié stadium by die saak betrek nie. Die twee mans was aan die oorledene bekend. Daar is sprake daarvan dat drie mans die ander twee met ’n bakkie opgelaai het, maar dit moet nog bevestig word,” sê Stander.

Volgens Jaco Badenhorst, familiewoordvoerder, kon Edda Seifert die kleefband waarmee sy vasgebind is, op die vloer stukkend skuur.

“Sy het só losgekom om die paniekknoppie te druk en alarm te maak. Dit is eintlik ’n wonderwerk as ’n mens daaraan dink. In daardie stadium was Koen en Alberta reeds dood. Hulle het vermoedelik versmoor,” sê Badenhorst, wat Maandag Van der Meer se seun, Victor (47), bygestaan het om sy ma by die lykshuis uit te ken.

Badenhorst sê die mans het met kontant, ’n ring, drank, selfone en goue munte weggekom.

Volgens Willie van Zyl, operasionele bestuurder by WA en Genote, een van die veiligheidsmaatskappye wat Marlothpark patrolleer, kom daar nie gereeld misdaad in die woonbuurt voor nie.

“Ek dink die enigste swak plek is die toegangsbeheer wat deur ’n ander veiligheidsmaatskappy bedryf word.”

Meer oor:  Mosambiek  |  Polisie-Ondersoek  |  Misdaad  |  Verdagtes  |  Moord  |  Vlug
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.