Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Mashaba gee geld vir private vervolgings

Herman Mashaba se People’s Dialogue gaan nes AfriForum met private vervolgings begin.

Die fokus gaan val op sake wat reeds in die hande van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is, maar waaroor geen besluit nog geneem is nie, het Mashaba dié week gesê.

Herman Mashaba

“Ons kan die NVG nie toelaat om die besluite oor vervolging uit te stel as ’n vertragingstaktiek om die polities-gekonnekteerdes te beskerm nie.”

Hy sê ondanks al die onthullings in die media oor die “skaamtelose” diefstal van openbare geld en verdoemende ge­tuienis voor die Zondo-kommissie, was daar nog geen hoëprofiel-inhegtenisnemings en vervolging vir korrupsie nie.

Mashaba sê aan Rapport litigasie is duur. “Die Mashaba-familie steun dié pogings tans, maar ’n beroep word gedoen op alle Suid-Afrikaners wat deel in die verbintenis dat korrupte politici vervolg word om by ons te aan te sluit en finansieel by te dra, klein of groot.”

Op ’n vraag of hulle beoog om saam te werk met AfriForum, wat ’n private vervolgingseenheid het, sê Mashaba The People’s Dialogue praat tans met verskeie organisasies. “Ons is oop om met alle Suid-Afrikaners wat wil help om korrupte politici aan die pen te sien ry, saam te werk.”

Hy sê The People’s Dialogue, wat vroeg in Desember gestig is ná sy bedanking as uitvoerende burgemeester van Johannesburg, is nie tevrede dat die Zondo-kommissie na staatskaping soveel getuienis aangehoor het “en tog is daar geen beweging om geregtigheid te laat geskied nie”.

The People’s Dialogue hou intussen fyn dop of die parlementêre portefeuljekomitee oor minerale bronne sy beloftes aan familielede van die Lily-mynramp in April 2016 naby Barberton in Mpumalanga gestand gaan doen. Die familie van drie slagoffers het The People’s Dialogue in Januarie genader om te help.

Rob Devereux, wat as die sakeredder aangestel is, het onder meer belowe om die houer waarin die drie slagoffers se oorskot is, na die oppervlak te bring.

* Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag in die repliek op sy staatsrede gesê bykomende geld is aan die NVG toegeken om vakatures te vul en kapasiteit te bou.

Dit sal die NVG in staat stel om meer as 800 poste wat in Desember geadverteer is, te vul.

Die NVG se nuwe ondersoekdirektoraat werk ook nou saam met wetstoepassers, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, finansiële intelligensiesentrum, spesiale ondersoekeenheid, Reserwebank en private sektor, en is in gesprek met die Zondo-kommissie, het hy gesê.

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Nvg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.