Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Matie-aanval: Cheslin tuis ná operasie aan arm
Cheslin Marsh Foto: Facebook

Cheslin Marsh, wat saam met sy mede-Matie-student, Hannah Cornelius (21), in Stellenbosch aangeval en ontvoer is, sterk goed tuis aan nadat hy Woensdag uit die hospitaal ontslaan is.

Merilyn Marsh, sy ma, sê hy is baie bly om tuis te wees nadat hy Maandag ’n operasie aan sy arm ondergaan het.

Marsh het ook kopbeserings in die aanval op Saterdag 27 Mei opgedoen nadat die aanvallers hom met bakstene gegooi en vir dood in Kraaifontein agtergelaat het.

Marsh en Cornelius is in die vroeë oggendure deur vier mans aangeval waar hulle in haar blou VW Citi Golf in Birdstraat, Stellenbosch, gesit en gesels het.

Marsh, ’n teologiestudent in sy eerste jaar aan die Universiteit Stellenbosch, kon kaalvoet en bebloed daarin slaag om na huise naby die plek waar hy aangerand is te gaan. Hy kon ondanks sy beserings inligting aan die polisie verskaf wat tot die inhegtenisneming van die vier verdagtes gelei het.

Cornelius se lyk is Saterdag omstreeks 08:30 op die Groenhof-plaas in Stellenbosch langs ’n kragkas gevind waar sy vermoedelik doodgebloei het. Sy is verskeie kere met ’n skroewedraaier gesteek en herhaaldelik verkrag.

Vier mans – Eben van Niekerk, Vernon Witbooi (32), Geraldo Parsons (26) en Nashwill Julies (28) – staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, motordiefstal, roof met verswarende omstandighede, ontvoering en verkragting.

Meer oor:  Cheslin Marsh  |  Stellenbosch  |  Hannah Cornelius  |  Matie  |  Matie-Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.