Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Matie-moord: 4 beroof glo ook ander
Hannah Cornelius Foto: Facebook

Hannah Cornelius (21) se vier vermeende verkragters en moordenaars het die dag toe hulle haar en ’n studentevriend, Cheslin Marsh (20), op Stellenbosch gekaap en ontvoer het, na bewering twee ander mense beroof.

Cornelius en Marsh is die oggend van 27 Mei voor ’n woonstelgebou in Birdstraat, Stellenbosch, ontvoer.

Sy is verkrag en vermoor. Haar lyk is kort ná 08:30 op die plaas Groenhof naby die Knorhoekpad buite Stellenbosch gevind.

Marsh is voor dit na bewering eers deur die vier mans – Vernon Witbooi, Geraldo Parsons, Nashwill Julies en Eben van Niekerk – in Kraaifontein aangerand en vir dood agtergelaat.

Sowat twee ure nadat die polisie Cornelius se lyk op die plaas gekry het, het die vier na bewering hul misdaadvlaag voortgesit.

’n Provinsiale polisiewoordvoerder, lt.kol. Andrè Traut, het twee ander voorvalle bevestig.

Omstreeks 10:00 die oggend dat Cornelius vermoor en Marsh aangerand is, het die vier mans glo ’n vrou naby die Kraaifontein-spoorwegstasie van haar handsak en selfoon beroof.

In die tweede voorval, omstreeks 13:00, het hulle na bewering ’n ander vrou naby ’n winkelsentrum in Kuilsrivier beroof. Hulle het glo die vrou met ’n vuurwapen aangehou en van haar handsak, selfoon en ’n onbekende bedrag geld beroof.

Traut sê dié voorvalle word saam met Cornelius se verkragting, moord en die ander aanklagte teen die vier ondersoek.

Parsons en Witbooi is sowat twee ure nadat hulle na bewering die vrou in Kuilsrivier beroof het, ná ’n woeste jaagtog op Stellenbosch aangekeer.

Hulle het Maandag 29 Mei in die landdroshof op Stellenbosch op aanklagte van ontvoering, motordiefstal, roof met verswarende omstandighede, verkragting en moord verskyn.

Cheslin Marsh

Julies is op Sondag 28 Mei in hegtenis geneem. Hy het die Dinsdag daarna in die landdroshof op aanklagte van moord, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en ontvoering verskyn.

Van Niekerk staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, motordiefstal, roof met verswarende omstandighede, ontvoering en verkragting.

Hulle verskyn weer op 28 Julie in die hof.

Meer oor:  Hannah Cornelius  |  Cheslin Marsh  |  Matie  |  4  |  Beroof  |  Ook  |  Ander  |  Moord  |  Glo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.