Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Matriekmeisie en vriend vas ná ‘ontvoering’
Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga. Foto: Verskaf

’n Paartjie in matriek van Bosbokrand in Mpumalanga gaan aan die begin van hul eindeksamen dalk agter tralies moet sit.

Die twee, albei 20, is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle die meisie se “ontvoering” versin het en toe ’n losprys van R1 miljoen geëis het.

Die matriekmeisie is op 10 Oktober as vermis by die polisie aangegee, sê brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder.

“Nadat die saak oopgemaak is, het die matriekmeisie se ma blykbaar ’n boodskap ontvang waarin die losprys geëis word. Die polisie se ondersoek het hulle na die vermeende slagoffer se vriend gelei. Die twee was egter glo kop in een mus. Hulle het ’n ander SIM-kaart in die meisie se foon gesit om die boodskappe aan haar ma te stuur,” sê Hlathi.

Die polisie het Donderdag inligting ontvang dat die paartjie sedert die meisie se “verdwyning” saam gesien is. Volgens Hlathi is hulle by ’n vriend se huis gevind en daar in hegtenis geneem.

Die seun het ook die SIM-kaart by hom gehad waarmee die boodskappe gestuur is.

“Hulle het kosbare polisiehulpbronne vermors. Die ondersoekbeampte het dae aaneen gewerk om haar te probeer opspoor. Hy het ook moordsake wat hy moet oplos, maar het al sy tyd daaraan bestee om haar te probeer vind.”

Die paartjie sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Bushbuckridge op aanklagte van dwarsboming van die gereg verskyn. 
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.