Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Max die polisiehond trek nog 2 verdagtes vas
Sers. Adriaan Oosthuizen en sy vierpotige kollega, Max, in die helikopter wat Dinsdag tydens die klopjag teen kabeldiewe gebruik is.

Twee vermeende kabeldiewe wat Dinsdag op heterdaad betrap is, kon nie vinnig genoeg hardloop om die lang arm van die gereg in die vorm van die polisiehond Max vry te spring nie.

Die twee vermeende boewe is in hegtenis geneem nadat meer as R300 000 se kabels binne twee weke in Rensburgstraat in Port Elizabeth se noordelike voorstede gesteel is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die voortslepende probleem is deur die Nelson Mandelabaai-metro se veiligheidsdienste onder die aandag van die polisie gebring. Hulle het meer inligting ingesamel en ’n klopjag gereël.

Sers. Adriaan Oosthuizen en sy vierpotige kollega, Max, het Dinsdagmiddag tydens die klopjag sake vanuit ’n helikopter dopgehou terwyl polisiebeamptes die digte bosse in die gebied gefynkam het.

Naidu sê die twee mans, wat besig was om ’n sloot te grawe, het laat spaander toe hulle die polisiehelikopter oplet.

Die sloot wat die twee vermeende kabeldiewe besig was om te grawe toe die polisie op hulle toesak.
Van die toerusting wat in die besit van die vermeende kabeldiewe gevind is.

Maar Oosthuizen en sy Duitse herdershond is binne sekondes op die grond afgelaai, waarna Max reguit op die een vermeende kabeldief afgepyl en hom vasgetrek het. Terwyl Oosthuizen die eerste man geboei het, het Max die tweede man ook aangekeer.

Naidu sê die mans van onderskeidelik 20 en 30 jaar is albei weens kabeldiefstal in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Max en Oosthuizen is vroeër vanjaar op die polisie se nasionale toekenningsgeleentheid met ’n prys in die afdeling vir sigbare polisiëring vereer.

Saam het die gedugte span tussen April 2017 en April 2018 meer as 100 verdagtes vasgetrek en 35 voertuie teruggekry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.