Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Mbombela: Vermeende motorkaper rand vrou erg aan

’n Vrou van Mbombela in Mpumalanga kon Maandagaand skaars slaap nadat sy herhaaldelik teen die kop geslaan is in wat vermoedelik ’n poging tot ’n motorkaping was.

Vicky de Freitas (46) se linkeroog is pimpel en pers geslaan en so opgeswel dat sy nie daaruit kan sien nie. Een van haar tande is ook uitgeslaan.

“Ek het baie, baie seer en my gesig lyk baie sleg, maar ek gaan aan,” sê De Freitas.

Die voorval was omstreeks 19:45 in Belladonnastraat toe sy saam met ’n vriendin gery het om haar seun daar te gaan oplaai.

Hulle het met ’n Toyota Etios in die oprit stilgehou en die vriendin het uitgeklim.

’n Wit Volkswagen Polo het langs hulle stilgehou en De Freitas het aangeneem dit is nog iemand wat vir dieselfde mense kom kuier.

Die volgende oomblik het een van die mans in die Polo uitgeklim en die sleutels uit die Atios se aansitter gehaal, maar haar vriendin het dit teruggegryp. Die bestuurder van die Polo het nie uitgek

Vicky de Freitas se gesig is seer nadat ’n man haar ’n paar keer teen die kop geslaan het. Sy het teen die vermeende motorkaper terugbaklei.
Vicky de Freitas se oog is pimpel en pers nadat ’n man haar aanhoudend geslaan het in wat vermoedelik ’n poging tot motorkaping was.
Vicky de Freitas is so deur ’n vermeende motorkaper geslaan dat haar een oog heeltemal toegeswel is. x

lim nie.

“Die volgende oomblik klim die man by my in die voertuig met sy knieë op die bestuurdersitplek. Hy het in Afrikaans gesê ‘gee my alles’,” sê De Freitas.

“Hy wou my handsak hê en begin my toe slaan. Ek het baklei vir my handsak, want ek het ’n maand gelede my werk (as ’n kredietkontroleerder) verloor. My handsak is al wat ek het – ek het nie die geld om alles daarin terug te kry nie.

“Ek dink hulle wou die voertuig gehad het.”

Daar was ’n kous gedraai om die man se vuis waarmee hy De Freitas ’n paar keer in die gesig geslaan het.

“Hy het my aan albei kante teen die kop geslaan en my agterste tand is heeltemal uit. My oog is potblou en toegeswel.

“Dit was traumaties – ek kon nie gisteraand (Maandagaand) slaap nie.”

Volgens haar het die buurvrou geskreeu dat die aanrander ’n vuurwapen het toe hy skielik uit die Atios spring en hy en sy makker in die Polo wegjaag, met die vriendin se handsak.

Sy hoed en die kous wat om sy hand gedraai was, het in die Atios agtergebly.

De Freitas sê alles het so vinnig gebeur, sy kan nie sê of hy wel ’n vuurwapen gehad het nie. Sy het wel opgemerk dat die man handelsnaamklere gedra het.

Volgens Callum MacPherson, bedryfsbestuurder van Hi-Tech Security, is daar die afgelope paar maande ’n toename in motorkapings en pogings tot motorkaping in Mbombela.

“Tans gebruik hierdie groep van gewoonlik drie mans verskillende voertuie en teiken kleiner luikrugvoertuie. Hulle is bekend daarvoor dat hulle verskillende kleure Polo’s sonder nommerplate gebruik en luidens sommige berigte is ’n swart Toyota-sedan met GP-nommerplate ook al gebruik.”

Hy het my aan albei kante teen die kop geslaan en my agterste tand is heeltemal uit. My oog is potblou en toegeswel.

MacPherson sê hoofsaaklik vroue wat alleen is, word geteiken.

De Freitas het die voorval by die polisie aangemeld.

Die polisie het teen druktyd nie op navrae gereageer nie.

Meer oor:  Mbombela  |  Motorkaping  |  Vicky De Freitas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.