Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meer aanvalle, minder moorde op plase, sê AfriForum

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Vrydag sy nuutste statistieke oor plaasaanvalle vir 2019 bekend gemaak.

“Altesaam 376 plaasaanvalle het sedert die begin van die jaar in Suid-Afrika plaasgevind waarvan 37 moorde was,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

AfriForum het Vrydag sy nuutste statistieke oor plaasaanvalle vir 2019 bekend gemaak en volgens die burgerregteorganisasie is boere meer paraat.Foto: AFP

Volgens Cameron is daar nou meer gevalle waar boere hulself met vuurwapens teen misdadigers verdedig. “Boere is ook meer paraat en daar is definitief ’n verbetering in die organisering van veiligheidstrukture op plase.”

Cameron kon Vrydag slegs aanvalle vir die drie provinsies wat die meeste deurloop, bekend maak, naamlik Gauteng, Noordwes en Limpopo.

“In Gauteng was daar van die begin van die jaar tot 7 November 119 plaasaanvalle, in Noordwes 59 en in Limpopo 44. In Gauteng was daar 99 aanvalle in dieselfde tydperk verlede jaar, in Noordwes 58 en in Limpopo 50.”

Volgens Cameron word al AfriForum se inligting oor plaasaanvalle en moorde deur die polisie bevestig. “Dit is nie syfers wat ons uit ons duim suig nie. Dit is ook nie net statistieke nie, maar daar is mense ter sprake wat baie seergekry en ook geliefdes verloor het. Die meeste plaasaanvalle word steeds met vuurwapens gepleeg. Die tyd dat slagoffers deur misdadigers gemartel word, het ook verminder wat dui daarop dat die veiligheidsnetwerke by plase in effektiwiteit toegeneem het.

“In vergelyking met dieselfde periode verlede jaar het aanvalle toegeneem, maar moorde verminder. Verlede jaar se plaasaanvalle het dié tyd op 366 gestaan met 47 moorde,” het Cameron gesê.

Hy het boere aangemoedig om by hul plaaslike plaaswag- of gemeenskapsveiligheidstrukture betrokke te raak.

AfriForum sal vroeg aanstaande jaar sy volledige syfers oor plaasaanval-statistieke vir al die provinsies bekend maak.

“Daar is ’n toename in plaasaanvalle wat kommerwekkend is, maar minder moorde omdat boere terugbaklei. Die voortdurende bewusmaking van hierdie misdade deur die media en gemeenskap kan nie genoeg beklemtoon word nie,” het Cameron gesê.

* Bheki Cele, minister van polisie, het in Oktober die hersiene nasionale landelike veiligheidstrategie bekend gestel. Die plan is onder meer daarop gemik om ’n plaasveiligheidsplan daar te stel wat ’n vinnige en gesamentlike reaksie op voorvalle moet verseker om sodoende veiligheid in landelike omgewings te verseker.

Meer oor:  Afriforum  |  Ian Cameron  |  Statistieke  |  Misdaad  |  Moorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.