Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meer as 150 Malawiërs in PE vasgetrek

Meer as 150 Malawiërs, wat na bewering onwettig in Port Elizabeth woon, is Dinsdag tydens ’n klopjag in Korsten in hegtenis geneem.

Die polisie het saam met amptenare van die departement van binnelandse sake en die metropolisie op twee geboue in Korsten toegeslaan.

’n Inwoner, wat anoniem wil bly, sê toe hy kort ná 04:00 sy koerant uit sy posbus gaan haal, het hy gesien hoe die polisie toesak. Mense het glo oor mure gespring en in alle rigtings laat spaander in ’n poging om weg te kom.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisie het aanvanklik lasbriewe gekry om vyf geboue in Korsten vir dwelms en vuurwapens te deursoek.

Net twee geboue, een in Perlweg en een in Cottrell-straat, is deurgesoek. Daar het die polisie altesame 153 Malawiërs in hegtenis geneem. Geen dwelms of vuurwapens is gevind nie.

“Omdat daar baie buitelanders in dié gebied woon, wou die departement van binnelandse sake deel wees van die operasie. Amptenare het van die geboue al vroeër geïdentifiseer as plekke waar dié mense woon en hulle wou hê die polisie moet hulle help.”

Die 153 mans en vroue sal Donderdag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

Meer oor:  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.