Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meer as 17 000 al vas wat reëls van inperking oortree

Die polisie het minstens 17 000 mense landwyd in hegtenis geneem weens die oortreding van maatreëls sedert die staat van inperking verlede Vrydag in werking getree het.

Bheki Cele, minister van polisie, het dié syfers Vrydag in ’n verklaring bekend gemaak. Hy verwys ook na die verslapping van sekere maatreëls wat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Donderdag aangekondig het.

Dit sluit onder meer in dat mense met ’n geldige permit nou oor provinsiale grense heen mag reis om begrafnisse by te woon, terwyl informele handelaars met ’n permit ook handel mag dryf.

Cele het weer eens beklemtoon dat die verkoop van sigarette landwyd verbode is nadat die Wes-Kaapse regering gesê het dat sigarette wel in dié provinsie verkoop mag word.

Hy het provinsies gemaan om nie “provinsie-spesifieke” weergawes van die regulasies te laat geld nie.

Volgens Cele was 17 209 mense teen Dinsdag weens die oortreding van verskeie van die rampmaatreëls in hegtenis geneem.

Volgens provinsie lyk dit so:

Wes-Kaap: 4 769

Vrystaat: 3 098

Gauteng: 1 888

KwaZulu-Natal: 1 845

Oos-Kaap: 1 613

Noordwes: 1 562

Limpopo: 850

Noord-Kaap: 832

Mpumalanga: 752

Cele sê die polisie is oorweldig deur oproepe van mense wat duidelikheid soek oor hoe dit nou werk wanneer mense begrafnisse in ander provinsies wil bywoon.

“Volgens die aangepaste regulasies mag sekere mense ’n begrafnis in ’n ander provinsie bywoon deur ’n reispermit van ’n landdros of van ’n bevelvoerder van ’n polisiekantoor te verkry.”

’n Reispermit word net toegestaan in gevalle van ’n noue verwantskap met die oorledene. ’n Doodsertifikaat moet verskaf word, asook die datum waarop die reisiger sal terugkeer.

Die regulasie geld steeds dat nie meer as 50 mense die begrafnis mag bywoon nie, en ’n lykwaak word steeds streng verbied.

Volgens Cele is die meer as 24 000 lede van die wetstoepassingsowerhede, asook die Suid-Afrikaanse weermag, wat ontplooi is om die regulasies toe te pas, ingelig dat spazawinkels en informele handelaars met ’n munisipale permit handel mag dryf.

Meer oor:  Polisie  |  Inperking  |  Aangekeer  |  Bheki Cele  |  Covid-19-Virus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.