Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meer as 170 vas in Oudtshoorn sedert inperking
’n Sypaadjie word in Oudtshoorn ontsmet.

Meer as 170 mense is reeds sedert die begin van die staat van inperking in Oudtshoorn in hegtenis geneem.

Die afgelope naweek is meer as 43 strafregtelike sake wat verband hou met die verbreking van die regulasies oor die inperking aanhangig gemaak, volgens inligting van die gesamentlike operasionele sentrum vir die groter Oudtshoorn-gebied.

“Mense se houding verander en hulle luister. Maar daar is steeds mense wat nie aan die regulasies gehoor gee nie,” sê Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woordvoerder, by navraag.

Die sake sluit in ’n gesteelde voertuig wat gevind is, twee dwelmverwante inhegtenisnemings, ’n inbraak by ’n motorvoertuig en twee kerke in Dysselsdorp wat gesluit moes word, luidens ’n verklaring.

Die polisie het ook versterkings gekry om die gebied uitsluitlik vir oortredings van die staat van inperking te patrolleer.

Die polisie het ook versterkings gekry om die gebied uitsluitlik vir oortredings van die staat van inperking te patrolleer.

Oudtshoorn se munisipale brand-, reddings- en rampbestuursdienste het Maandag met die ontsmetting van openbare geriewe begin. Die eerste was ’n taxi-staanplek en daarna die polisiekantoor. Die ontsmetting sal deurlopend gedoen word as ’n maatreël teen Covid-19. Nog gebiede wat ontsmet sal word sluit openbare gange naby die taxistaanplek en Unieplein, oop ruimtes in Oudtshoorn se sentrale sakekern en openbare parkeergebiede in, asook die sypaadjies in Hoogstraat en polisieselle.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling fasiliteer die ontvangs en verspreiding van skenkings vir maatskaplike verligting. Alle skenkings word deur die departement hanteer. Mense kan Sarah Olieslager gedurende kantoorure by 044 272 8977 skakel of nauurs by 083 689 2893.

Meer oor:  Koronavirus  |  Inperking  |  Inhegtenisnemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.