Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meer as 2 220 vas in W-Kaap wat reëls oortree
blytuis
Die weermag is ontplooi om te kyk dat gehoor gegee word aan die inperking-regulasies. Dié padblokkade is in Woodstock, Kaapstad, gehou. Foto: Jaco Marais

Wes-Kaapse owerhede het tot dusver 2 227 mense aangekeer wat die reëls verontagsaam het wat vir die staat van inperking geld.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, sê in baie gevalle het mense eenvoudig net nie die regulasies nagekom nie en was hulle sonder die nodige permitte op straat.

“Die meeste sondaars was in die Kaapstadse metro waar 1 004 mense toegesluit is, gevolg deur die Eden-distrik waar 423 mense agter tralies is.”

Africa sê in die Kaapse Wynland is 306 mense in hegtenis geneem, aan die Weskus 245, in die Overberg 188 en in die Sentraal-Karoo 61 mense.

“Daar is steeds mense wat teenstrydig met die riglyne optree. Ons wil ’n ernstige, dringende beroep op mense doen om absoluut alles in hul vermoë te doen om die regulasies toe te pas.”

Africa sê die polisie, wetstoepassers en verkeersbeamptes beman etlike padblokkades waar oortreders vasgetrek word.

“Sommige was sonder permitte of bewyse dat hulle noodsaaklike personeel is en of noodsaaklike goedere vervoer.”

Africa het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om asseblief by die huis te bly en nie onnodig uit te gaan tensy dit uiters noodsaaklik is nie.

“Ons versoek motoriste om asseblief van die paaie af te bly. Almal wat buite is en nie na ’n koswinkel, dokter of hospitaal toe gaan nie, moet in besit wees van ’n

permit wat hulle magtiging gee om noodsaaklike dienste te lewer,” sê Africa.

Hy maan mense om nie onnodige kanse vat nie.

“Bly asseblief by die huis en help om lewens te red – moet asseblief nie deel van die statistiek raak nie.”

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Kaapstad  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.