Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meer as 200 stuks vee aan Lesotho-grens teruggekry
Van die beeste wat aan die grens met Lesotho teruggekry is. Foto: Verskaf

In ’n operasie deur die polisie om misdaad oor die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho te bekamp, is meer as 200 stuks vee en bokke teruggekry.

Lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die operasie het van 6 tot 8 Augustus plaasgevind en die resultate was positief.

“Verskillende operasies wat insluit padblokkades waar mense en hul voertuie deursoek is, besoeke aan skuts vir lewende hawe, krale, slaghuise en slagpale is uitgevoer,” het Zwane gesê.

Eienaars van lewende hawe was soms saam met die polisie sodat hulle self hul gesteelde vee kon uitken.

Daar is beslag gelê op ’n totaal van 117 beeste, 107 bokke, vier skape en sewe perde.

Die polisie het ook dwelms soos whoonga (ook bekend as nyaope), tik en dagga gekonfiskeer, sowel as gevaarlike wapens en goedere waarvan die gebruikdatum reeds verval het.

“25 verdagtes is vir verskeie misdade in hegtenis geneem, insluitend dat hulle onwettige immigrante is, die verkoop van drank sonder ’n lisensie, aanranding en huishoudelik verwante sake.

“Nege mense is daarvan aangekla dat hulle versuim het om hul vee te merk en 88 het boetes vir verkeersoortredings gekry.”

Meer oor:  Lesotho  |  Bloemfontein  |  Veediewe  |  Vee  |  Veediefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.