Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meer as 3 300 vas vir uitstaande boetes van R31 m.
’n Taxibestuurder word gedurende een van die Kaapstad-metro se blitsoperasies in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Meer as 3 000 mense is die afgelope twee en ’n half maande tydens verskerpte taxiblitsoperasies in die Kaapse metro in hegtenis geneem. Meer as 919 voertuie is ook geskut, het die metro in ’n verklaring bekend gemaak.

Gedurende Operasie Reclaim is talle blitsoperasies by taxibrandpunte waaroor klagtes ontvang is, uitgevoer.

Van Mei tot middel Julie is 3 336 taxibestuurders met 13 568 uitstaande lasbriewe ter waarde van net meer as R31 miljoen in hegtenis geneem.

Op 18 Julie is ’n taxi op Jakes Gerwelrylaan voorgekeer. Die bestuurder, met 43 lasbriewe wat reeds teen hom uitgereik is, is in hegtenis geneem. Hy is ook gesoek op ’n aanklag van roekelose en nalatige bestuur in Woodstock.

Nog twee taxibestuurders is ook later die aand in hegtenis geneem. Een van hulle, ’n 33-jarige man, het 27 uitstaande lasbriewe ter waarde van R82 050 en die ander man (30) 20 ter waarde van R46 500.

Op 16 Julie is vier taxibestuurders gedurende ’n operasie op die N2 in hegtenis geneem met altesaam 100 uitstaande lasbriewe ter waarde van R184 000.

Sedert die begin van die blitsoperasie is een minibustaxi drie keer binne drie en ’n half weke geskut. Dit het die eienaar R32 000 gekos om die taxi terug te kry.

Meer oor:  Boetes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.