Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meer as 7 000 vas in KZN oor hulle regulasies oortree

Meer as 7 000 mense is van 29 Desember tot 25 Januarie in KwaZulu-Natal weens oortredings van inperkingsmaatreëls in hegtenis geneem.

Dit bekommer lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, dat 7 207 mense die regulasies verontagsaam het.

“Sedert die bekendmaking van die aangepaste vlak 3-inperkingsregulasies fokus ons daarop om seker te maak dat almal in die provinsie die regulasies nakom om die verspreiding van die koronavirus te bekamp,” sê hy.

Volgens Jula is 1 579 mense, onder wie sommige sake-eienaars, in dié tydperk vasgetrek omdat hulle nie die aandklokreël gehoorsaam het nie.

Nog 5 228 mense is in hegtenis geneem omdat hulle nie ’n masker in die openbaar gedra het nie en 400 mense is aangekeer wat drank vervoer, verkoop of in openbare plekke verbruik het.

Pres. Cyril Ramaphosa het op 28 Desember die aangepaste vlak 3-regulasies aangekondig en gesê drankmisbruik plaas onnodige druk op die land se gesondheidsdienste. Dié inperkings is vroeër die maand tot 15 Februarie verleng.

Jula het weer ’n beroep om mense gedoen om die regulasies te gehoorsaam.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.