Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meer as 8 000 perlemoene in bakkie gekry ná wenk

Die polisie in Gordonsbaai in die Wes-Kaap het Woensdagoggend douvoordag op perlemoen ter waarde van sowat R5 miljoen beslag gelê.

Polisielede van Gordonsbaai by die perlemoen waarop daar Woensdagoggend vroeg beslag gelê is.Foto: SAPD

Die polisielede het ’n wenk van hul kollegas in Grabouw ontvang dat ’n motor wat perlemoen vervoer na Gordonsbaai op pad was.

Sers. Noloyiso Rwexana sê die polisie het die motor, ’n wit Toyota Verso, Woensdagoggend vroeg op die R44 opgemerk en dit agtervolg. Die bestuurder het agtergekom dat die polisie op sy spoor is en het omgedraai en weggejaag.

“Ná ’n jaagtog het die bestuurder uit die motor gespring en weggehardloop. Die motor is deursoek en 8 330 stuks ontskulpte perlemoen is gevind,” sê Rwexana.

Die verdagte is steeds op vrye voet.

Meer oor:  Gordonsbaai  |  Perlemoen  |  Wenk  |  Polisie  |  Smokkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.