Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meer as R1 m. se vervalste goedere in NMB gekry

In ’n deurbraak in die Oos-Kaap het die polisie op meer as R1 miljoen se vervalste goedere beslag gelê.

Kol. Sibongile Soci, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die grenspolisie het op 27 Oktober inligting oor die verkoop van vervalste goedere in winkels in Nelson Mandelabaai ontvang.

Afgevaardigdes van Spoor and Fisher, die regsfirma wat namens verskillende handelsmerke in Suid-Afrika optree, en die polisie het ’n gesamentlike operasie uitgevoer.

In drie winkels is beslag gelê op onder meer vervalste parfuum met ’n straatwaarde van meer as R1,3 miljoen, asook tandeborsels, lipstiffie en skeermeslemmetjies van meer as R200 000.

Die vervalste produkte is van onder meer Lacoste, Chanel No. 5, Colgate en Bvlgari.

’n Proses is onderweg om die goedere te vernietig.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die inwoners wat inligting aan die polisie verskaf het, bedank vir hul bydrae om misdaad te bekamp. Sy het die grenspolisie ook bedank vir hul flink optrede.

“Vervalste goedere hou nadelige gevolge in vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. Ons wil gemeenskapslede vra om nie hierdie vervalste goedere te koop nie, en om die polisie in kennis te stel as hulle weet van sulke misdrywe wat plaasvind.”

Meer oor:  Nelson Mandelabaai  |  Klopjag  |  Polisie  |  Vervalste Goedere  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.