Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meer mense voel onveilig buite hul huis

Die vlak van misdaad wat Suid-Afrikaners ervaar, het die afgelope boekjaar toegeneem. Dit is een van die hoofbevindinge van ’n peiling deur Statistieke Suid-Afrika.

Die bevindinge is in ’n verslag vervat wat Risenga Maluleke, statistikus-generaal, Donderdag in Pretoria bekend gemaak het.

Die publiek se beskouing van die polisie, die howe en korrektiewe dienste is in die peiling deur 30 000 huishoudings gemeet.

Van die hoofbevindinge is dat minder mense veilig voel om buite rond te loop en dat meer mense ervaar dat geweld- en eiendomsmisdade die afgelope drie jaar toegeneem het.

Noordwes is die provinsie wat die grootste styging in gesins- en individuele misdaad getoon het.

Hou Netwerk24 dop vir die volledige berig oor die peiling.

Meer oor:  Risenga Maluleke  |  Pretoria  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.