Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meer moorde gepleeg met skerp voorwerpe as met vuurwapens

Meer mense is in die 2015-’16-boekjaar in Suid-Afrika met messe en skerp voorwerpe vermoor as met vuurwapens.

Die polisie het ook nie ’n rekord oor hoeveel van die vuurwapens (waarmee moorde gepleeg is), wettig of onwettig is nie.

Dit het volgens dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, geblyk uit die antwoord van die minister van polisie, Bheki Cele, op ’n amptelike parlementêre vraag van die VF Plus.

“Op die vraag oor hoeveel mense in die afgelope drie boekjare met vuurwapens, en hoeveel met messe en skerp voorwerpe vermoor is, het die minister geantwoord dat 20 907 mense met messe en skerp voorwerpe vermoor is, teenoor die 17 914 met vuurwapens,” sê Groenewald in ’n mediaverklaring.

“In die ooreenstemmende tydperk is 58 025 moorde in Suid-Afrika gepleeg. Die minister kon nie antwoord op die vraag oor hoeveel van die vuurwapens wat by dié misdade betrokke was wettige vuurwapens en hoeveel onwettige vuurwapens was nie. Volgens hom kan die misdaad-administratiewe stelsel nie onderskei tussen wettige en onwettige vuurwapens nie. Dit is ’n onaanvaarbare verskoning.”

Op die vraag oor hoeveel mense in die afgelope drie boekjare met vuurwapens, en hoeveel met messe en skerp voorwerpe vermoor is, het die minister geantwoord dat 20 907 mense met messe en skerp voorwerpe vermoor is, teenoor die 17 914 met vuurwapens.

Groenewald sê die huidige en vorige ministers van polisie het wettige vuurwapeneienaars daarvan beskuldig dat hulle die oorsaak van geweldsmisdaad is en die meeste moorde met vuurwapens gepleeg word.

“Nou erken die minister dit is onwaar en hy is die wettige vuurwapeneienaars van Suid-Afrika ’n verskoning verskuldig.”

Groenewald meen Bheki Cele se onlangse uitspraak by die vernietiging van vuurwapens by ArcelorMittal in Vereeniging dat dit beter sal wees as private burgers eendag geen wapens het nie en slegs die polisie en soldate toegang tot vuurwapens het, is ondeurdag omdat sy uitlating “gegrond is op die mite dat die meeste moorde met vuurwapens gepleeg word”.

Groenewald sê die jongste misdaadsyfer is ’n bewys dat die polisie misdaad, en veral geweldsmisdaad, nie onder beheer het nie en dus misluk om mense en hul besittings te beskerm. “Indien die staat jou nie kan beskerm nie, het jy die volste reg om jou en jou gesin met al die moontlike middels te beskerm, insluitend die besit van ’n vuurwapen ter selfverdediging. Die ontwapening van die burgery sal misdadigers bevoordeel. Die industrie en veral die wildbedryf in Suid-Afrika wat meer as R10 miljard bydra tot die ekonomie, sal vernietig word.”

Meer oor:  Vuurwapens  |  Pieter Groenewald  |  Moorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.