Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meester van hooggeregshof in Mpumalanga se verhoor begin dán
Bina Masuku en Elvis Kgosiemang Woensdag in die hof.

Die meester van die hooggeregshof in Mpumalanga is Woensdag borgtog geweier en moet op 17 Mei weer in die hof vir kommersiële misdade in Mbombela verskyn wanneer haar verhoor sal begin.

Bina Masuku (46) en haar kêrel, Elvis Kgosiemang (37), is op 7 November 2019 op klagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en die oortreding van die Wet op Immigrasie in hegtenis geneem.

Kgosiemang is op 3 Junie borgtog van R30 000 toegestaan.

Bina Masuku en Elvis Kgosiemang Woensdag in die hof. Hulle moet op 17 Mei weer verskyn.

Luidens ’n verklaring van die Valke is die paartjie in hegtenis geneem nadat ’n ondersoek getoon het Masuku het byna twee jaar lank eise na Kgosiemang, wat hom as ’n prokureur voorgedoen het, gestuur.

“Sommige eisers het nooit hul geld ontvang nie. In plaas daarvan is dit tussen die twee verdeel. Ongeveer R1,7 miljoen van twaalf families het verdwyn.”

Verdere ondersoek het ook twee maatskappye, Zanvise Multi Holdings (Edms) Bpk en Tanvise Trust Services (Edms) Bpk, by die kwessie betrek. Dié maatskappye word nou saam met Masuku en Kgosiemang aangekla.

In ’n ondersoek deur die departement van binnelandse sake se immigrasie-afdeling is daar ook vasgestel Masuku is ’n Malawiese burger wat onwettig in die land is.

Die verdediging het Woensdag gevra dat die saak uitgestel word om voor te berei vir die verteenwoordiging van die beskuldigdes wat bygevoeg is.

Die verhoor is na 17, 18 en 20 Mei uitgestel. Masuku bly in aanhouding en Kgosiemang se borgtog is verleng.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.