Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Megaboer (81) sterf ná aanval: ‘Hy het nooit regtig beter geword nie’

Die megaboer van Harrismith, David Leslie (81) se seun sê sy pa het in die meer as ’n maand wat hy in die waakeenheid was nadat hy op 1 September aangeval is, nooit volkome sy bewussyn herwin nie.

Leslie van die Seisonke-boerdery op die plaas Christina is Sondagmiddag in die Busamed-hospitaal in Harrismith dood.

James Leslie, David se seun, sê sy pa het nooit regtig herstel van die ernstige beserings wat hy opgedoen het toe ’n seisoenwerker hom met ’n kierie by sy huis na 19:00 aangeval het nie.

David Leslie (81) is Sondag oorlede aan beserings wat hy tydens 'n plaasaanval vroeg in September opgedoen het.

Netwerk24 het vroeër berig David het na die aanval swelling op die brein gehad, sy wangbene en neus was gebreek en sy tande is uitgeslaan.

David was ook na die aanval ook blind in sy regteroog.

“Hy was vir ’n kort rukkie van die ventilator af, en ook net nou en dan wakker.”

David was volgens sy seun voor die aanval ’n gesonde en fikse 81-jarige.

“Hy het nog elke liewe dag, voldag, geboer,” sê James, wat al as jong seun sy plek langs sy pa in die plaasbakkie ingeneem het.

“Hy was ’n ongelooflike man, wat ’n voorbeeld vir nie net sy vrou, drie kinders en tien kleinkinders was nie, maar vir ook vir elkeen wat met hom te doen gehad het.

“Ek het reuse respek vir my pa gehad,” sê hy.

Joppie Bezuidenhout, winkelbestuurder op die plaas, het gesê die togwerker (ook bekend as ’n dagloner) wat in verband met die aanval in hegtenis geneem is, het tydelik op die plaas gewerk.

“Die man se familie woon en werk op die plaas en hy het tydelik vir ons gewerk,” het Bezuidenhout aan Netwerk24 gesê.

Volgens hom het die togwerker die Maandagoggend voor die aanval wat die Dinsdagaand gebeur het, by die plaaskantoor kom aanklop om te hoor of daar dalk nog werk vir hom is.

Hy was ’n ongelooflike man, wat ’n voorbeeld vir nie net sy vrou, drie kinders en tien kleinkinders was nie, maar vir ook vir elkeen wat met hom te doen gehad het.

“Mnr. Leslie het geantwoord dat daar nie nou werk is nie, maar hy sal hom laat weet wanneer daar is.”

Die man was volgens hom ontsteld en het aangedring dat hy dadelik met werk moet begin, en hy is later van die perseel verwyder.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê Nkosiyethu Msibi (40) verskyn op 12 November in die Harrismith-landdroshof. "Hy het van die beserings herstel wat hy tydens die aanval opgedoen het, en is uit die hospitaal ontslaan. Hy is intussen borgtog geweier.”

Mbambo sê die aanklagte van huisroof met ’n onbekende motief, en aanranding, sal aangepas word om ’n klagte van moord in te sluit.

Meer oor:  Vrystaat  |  Harrismith  |  Aanval  |  Plaas  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.