Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Meghan Cremer: Familie wag nog met begrafnis
Meghan CremerFoto: Facebook

Nog geen reëlings vir die begrafnis van die vermoorde Meghan Cremer (30) van Kaapstad was teen Maandag getref nie.

Haar ma, Gill, het gesê die begrafnisreëlings sal nog bekend gemaak word.

Netwerk24 het verneem dat ’n lykskouing nog nie gedoen is nie.

Haar lyk is verlede Donderdag onder ’n hoop sand by ’n sandmyn in Olieboomweg in Philippi gevind.

Cremer is op Sondag 4 Augustus as vermis aangemeld. Sy is die vorige dag laas lewend gesien toe sy in haar wit Toyota Auris van die Vaderlandsche Rietvlei-perdeplaas in Philippi, waar sy gewoon het, weggery het.

Haar voertuig is die Maandagoggend na bewering in die besit van drie mans in Lotusrivier gevind.

Jeremy Sias, Charles Daniels en Shiraaz Jaftha het verlede Donderdag in die landdroshof in Athlone op aanklagte van moord, motordiefstal en die besit van gesteelde goedere verskyn. Die saak is tot Donderdag vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel.

Teen Maandagmiddag het meer as 37 000 mense ’n aanlyn versoekskrif geteken om borgtog aan die drie beskuldigdes teen te staan. Die versoekskrif is op die Facebook-blad SA Women Fight Back begin.

Een van die administrateurs van die blad, Bronwyn Litkie, sê op die blad toestemming is verkry om Donderdag ’n vreedsame protesoptrede voor die landdroshof te hou.

Die groep is onder meer gemik op die bemagtiging van vroue en om ’n veiliger Suid-Afrika vir hulle te probeer skep.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.